QR code
آواتار Sarah Du Pisanie

Sarah Du Pisanie

21 Januarie 2015. Ek is vandag 75. Ek skryf nog steeds . n Nuwe boek "Huweliksklokkies op Jakkalswater" verskyn hierdie jaar nog. Ek skryf al die afgelope 34 jaar. Ek woon op Olifantshoek in die Noord Kaap. Ek en my man Johan was Desember 2014, 56 jaar getroud. Ons het drie kinders , 8 kleinkinders en 3 agter-kleinkinders. Dankie aan al my getroue ondersteuners deur die jare. Vir al julle liefde, aamoediging en ondersteuning. Ek bewaar julle insetsels op die blog en e-pos briefies soos kosbare kleinode. As ek die dag aan myself twyfel dan gaan lees ek dit weer. Ek is lief vir julle!